Sint Johannesfees

'n Sint Johannes-vreugdevuur en feesvierings voor 'n Christelike kalvariekruis in Bretagne, 1893.

Die Sint Johannesfees of Sint Jansfees, wat op 23 Junie met sonsondergang begin, is die herdenking van die geboorte van Johannes die Doper. Dit is die vooraand van die heilige se feesdag. Laasgenoemde is een van die min feesdae wat 'n heilige se geboorte herdenk en nie sy dood nie. Volgens Lukas (Lukas 1:26-37, 56-57) is Johannes die Doper ses maande voor Jesus gebore. Johannes se feesdag is dus op 24 Junie vasgestel, wat ses maande voor Kersfees is.[1]

In die Romeinse kalender was 24 Junie die dag van die somersonstilstand (in die Noordelike Halfrond), en die Sint Johannesfees is nou verbind met midsomerfeeste in Europa. Dit sluit in vreugdevure, optogte, feesvierings, kerkdienste en die versameling van wildeplante.

'n Vreugdevuur op 'n Sint Johannesfees in Quimper, Frankryk.
  1. Amos, Herbert (22 Junie 2017). "June 24: The Nativity of John the Baptist". Besoek op 24 Junie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne